Waar stories vandaan kom
Home | Content | Waar stories vandaan kom

Written stories

Waar stories vandaan kom

Lank, lank gelede het ’n vrou saam met haar gesin in die Koninkryk van Zululand gewoon.

Elke Sondag het die gesin na die groot oseaan toe gegaan.

Die vrou het oor ’n vuur kos gemaak terwyl haar man dryfhout gesoek het waaruit hy pragtige dinge kon kerf:

voëls, mense en allerhande soorte diere. Gedurende die week het die hele gesin hard gewerk, en in die aande het hulle om die vuur gesit.

Dit was te donker om te werk, of te speel, of te kerf en dit was te vroeg om te gaan slaap.

En dit is wanneer die kinders hulle ma gevra het om vir hulle ’n storie te vertel…