Stap in die park
Home | Written stories | Multilingual stories | Stap in die park

Written stories

Stap in die park

Author

Storie deur Hagen Engler

Illustrator

Illustrasies deur Natalie Hinrichsen

Liso hou baie daarvan om aanlyn te wees. Haar gunstelingwebwerf het alles wat sy nodig het om pret te hê. Sy leer allerhande

danse. Sy leer interessante feite oor die natuur. Sy maak maats in allerhande wêrelddele. “Kom ons gaan stap in die park,” sê

Pappa en kyk op van sy skootrekenaar af. “Ek wil eerder aanlyn wees,” sê Liso. “Ek kan speel, ek kan leer, en ek kan oefeninge

doen,” sê sy. “Waarom moet ek iewers anders heen gaan?” “Ons het deur ’n pragtige woud gedraf,” sê Thalia.

“Ons het ’n duiker, ’n blouapie en ’n neushoringvoël gesien met ’n pragtige oranje snawel en ’n lang stert!”

 

“O, wonderlik,” sê Liso. “Dit klink ongelooflik!” “Dit was,” sê Thalia. “Mamma het gesê dit was ’n mannetjiesvoël.

Hy het kos na die nes teruggebring.” Thalia was te moeg om te dans, en daarom stuur Liso vir haar vriendin Ina ’n selfoonteks.

“Kom ons gaan speel by die aanlyn pretpark,” sê Liso. “Ek kan nie,” antwoord Ina. “Ek gaan saam met my ouers na die park toe.

In die regte wêreld!” “Reg so,” sê Liso. “Ek praat later met jou.” Liso dink diep voordat sy iets sê. “Pappa!” skree sy toe.

“Kom ons gaan stap ’n bietjie in die park!” Pappa maak sy skootrekenaar toe. “Wel,” sê Pappa.

“Daar is ’n paar toweragtige dinge in die regte wêreld …” Op die internet ontmoet Liso haar vriendin Jamila.

“Wat het jy die afgelope ruk gedoen?” vra Jamila. “Nie veel nie,” sê Liso. “Ek was maar net aanlyn.” “Cool,” sê Jamila.

“Ons het in die park gaan stap. Ons het allerhande voëls gesien. Ons het selfs gesien hoe ’n wewer ’n nes langs die meer bou!”

“O, wonderlik!” sê Liso. “Dit klink interessant.” “Dit was,” sê Jamila. “My pa het gesê dat die mannetjiesvoël ’n nes bou, en die

wyfie inspekteer dit. Ek dink nie sy het daarvan gehou nie, want sy het die hele nes uitmekaargeskeur!”

 

Toe gesels Liso met haar vriendin Thalia. “Kom ons dans,” sê Liso. “Netnou,” sê Thalia. “Ek is moeg omdat ek gaan draf het.”

“Jy het gaan draf?” vra Liso. “Waarheen het jy gedraf?” In die park sien Liso en haar pa ’n helderblou voël met ’n groot, groen

kuif. “Sjoe,” sê Liso. “Ek wonder watter soort voël dit is!” “Ek dink dis ’n Knysnaloerie,” sê Pappa. “Kom ons probeer dit volg.”

Die voël vlieg van boomtop tot boomtop. Die voël gaan sit op ’n boomtak. Dit land op ’n broodboom. Liso en haar pa volg dit en

hardloop al die pad. “Liso, sê hallo vir die voël,” sê Pappa. “Miskien is dit ’n towerloerie!” Liso maak keel skoon …

“Hallo daar,” sê ’n stem. “Wat maak jy hier?” Liso en Pappa se oë rek van verbasing … Reg langs hulle, in die middel van die

park, staan Jamila, Thalia en Ina, saam met hul ouers! “Daar gaan die loerie weer,” skree Liso. “Kom ons volg hom!” “Hierdie

voël het ons van ons skerms weggekry, uit die huis uit en saam in die natuur in,” sê Liso se pa. “Dit is inderdaad ’n towervoël.

 

Nal’ibali-pret

Idees om oor te gesels

Wat doen jy om pret te hê? Hoe kommunikeer jy met jou vriende?  Wat is die internet?

Visueel

Watter plek in die buitelug is jou gunsteling? Teken ’n prentjie van jouself daar.

Lees

Word ’n storiespeurder!

Hoeveel verskillende voëls word in die storie genoem? Kan jy die name van twee bosdiere vind? Watter sin sê vir jou dat Liso van plan verander het oor park toe gaan? Hoeveel verskillende maniere het Liso om met haar vriende te kommunikeer?

Skryf

Skryf ’n teksboodskap wat Liso dalk aan ’n ander vriendin geskryf het toe sy van die park af by die huis kom.

Handwerk

Gebruik takkies, gras en blare om jou eie voëlnes te bou.

Speel toneel

Gaan stap ’n denkbeeldige entjie in ’n park: staan op jou tone om te sien wat bo in bome is, hurk laag om na plante en diere naby die grond te kyk en volg ’n voël wat van boomtop tot boomtop vlieg.