Phama en die mieliepit
Home | Written stories | Multilingual stories | Phama en die mieliepit

Written stories

Phama en die mieliepit

Author

Storie deur Margot Bertelsmann

Illustrator

Illustrasies deur Chantelle en Burgen Thorne

Listen to the story here

Phama het ’n mieliepit. Mamma weet nie dat dit ’n towermieliepit is nie.

“Eendag gaan hierdie mieliepit vir al die mense in die land kos gee,” sê Phama.

Mamma lag. Phama plant sy mieliepit en dit groei en groei. Dit groei tot hoog bo in die wolke.

“Ek gaan opklim tot heel bo,” sê Phama. Baba lag spottend. Toe bulder ’n diep stem.

“Slurp-hik-snuif-gaap! Ek ruik die bloed van ’n jong knaap!” Dit is die nare reus. “Vang my as jy kan,”

terg Phama hom. Phama sien ’n towersak. Binne-in die sak is al die goud wat die mense in die land al ooit gemyn het.

Phama sien ’n towersanger. Die sanger ken al die liedjies wat die mense in die land al ooit gesing het.

Phama sien ’n towergans. Sy lê genoeg goue eiers vir almal. “Ek sal skatte terugbring, Gogo,” roep Phama vir Gogo op die

grond. Gogo sug. Phama pluk ’n ryp mielie van die plant af. Hy rooster dit oor ’n vuur.

Hy smelt botter oor die goudgeel pitte en laat die geur in die reus se neusgate opdwarrel.

“Bring vir my my reuse-tandestokkie,” bulder die reus. Maar Phama is weg. 6 En die sak ook. En die sanger.

En die gans. Selfs die mielieplant is weg. Want Phama het dit sowaar afgekap.

 

Nal’ibali-pret

Idees om oor te gesels Is dit reg dat Phama die reus se skat vat sonder om te vra? Hoekom/hoekom nie? Wat dink jy gaan Phama met die reus se skatsak en die sanger maak? Wat sou jy anders gedoen het as jy Phama was?

Visueel

Teken jou eie prentjie van Phama en die nare reus wat wys hoe groot die reus is.

Lees

Word ’n woordspeurder! Kyk mooi na die storie. Kan jy die dinge vind wat Phama of die nare reus geruik, gesien of geproe het?

Skryf

Stel jou voor dat Phama in sy dagboek skryf op die dag toe hy tot bo-aan die mielieplant geklim het. Jy kan so begin: Liewe Dagboek, Jy sal nooit raai wat vandag gebeur het nie …

Handwerk

Bêre die mieliestronke van mielies wat jy geëet het. Plaas verskillende kleure verf in klein houers. Doop die mieliestronke in die verf en gebruik dit dan om verskillende patrone en vorms op papier te druk.

Speel toneel

Stel jou voor dat jy die nare reus is. Beweeg rond soos jy dink hy sal terwyl jy sê “Slurp-hik-snuif-gaap! Ek ruik die bloed van ’n jong knaap!” in ’n harde, bulderende stem.