My gunsteling

Written stories

My gunsteling

Author

Storie deur Jacqui L’Ange

Illustrator

Illustrasies deur Julie Smith-Belton “Kiep-kiep-kieep, kom-kom, skatties!” Jasmien se ouma roep elke aand haar hoenders om te kom slaap. Dan maak sy hulle binne toe sodat hulle veilig is teen honger diere. En elke

Listen to the story here

 

“Kiep-kiep-kieep, kom-kom, skatties!”

Jasmien se ouma roep elke aand haar hoenders om te kom slaap. Dan maak sy hulle binne toe sodat hulle veilig is teen honger diere.

En elke oggend laat Jasmien die hoenders uit, en maak die eiers wat hulle gelê het bymekaar. Dis vir haar die lekkerste deel van die dag

 

Ouma se hoenders is ’n mengelmoes van verskillende vorms en groottes, maar daar is een waarvan Jasmien die meeste hou.

Lady is ’n gespikkelde hen. Sy het ’n kam wat baie mooi krul en ’n waaierstert.

Wanneer Jasmien vir die hoenders afvalkossies gee, maak sy altyd seker dat Lady eerste kry.

 

 

Op ’n dag raak Lady weg.Jasmien soek oral, maar Lady is skoonveld.

“Dalk het ’n jakkalsvoël haar gevang,” sê Eddie.

“Of ’n muishond?” Jasmien wil nie daaraan dink nie.

 

“Jy’s my gunsteling, Lady,” koer Jasmien.

“Jy moenie ’n gunsteling hê nie,” raas Ouma.

“Elke hoender is op hul eie manier spesiaal.”

Maar Jasmien kan nie help nie. Sy is die heel liefste vir Lady.

 

Drie lang weke gaan verby sonder Lady. Tot een oggend toe Jasmien die hoenders uitlaat.

Sy hoor ’n gepiep-piep. Dis Lady, met ses donsige kuikens wat haar volg!

“Kiep-kiep-kieep,” sê Ouma.

“Slim Lady, jy’t gaan wegkruip om jou eiers uit te broei!”

Nou het Jasmien selfs nog meer gunstelinge.

Idees om oor te gesels

  • Lady was spesiaal vir Jasmien. Wat of wie is vir jou spesiaal?
  • Hoe is jy spesiaal? Voel jy soms spesiaal en soms nie? Hoekom?

Visueel

Kyk mooi na die prentjie op die eerste twee bladsye van die storie. Hoeveel van die volgende kan jy vind:

  •  hoenders  
  • eiers
  • mandjies
  • vensters  
  • deure  
  • skoorstene

Lees

Doen ’n woordsoektog! Soek elkeen van hierdie woorde in die storie en vind dan wat elkeen van hulle beskryf: slim, krul, donsige, honger, lang, gespikkelde.

Skryf

Teken ’n prentjie van Lady en haar ses kuikens. Gee elke kuiken ’n naam. Skryf elke naam onder elke kuiken se prentjie of vra iemand om dit vir jou te skryf.

Handwerk

Teken ’n eiervorm op ’n wit karton of papier en knip dit dan uit. (Vra ’n grootmens om jou te help indien nodig.) Versier jou eier deur verskillende patrone daarop te teken of dit te verf

Speel toneel

Op hoeveel maniere kan jy die klankwoorde in die storie sê, kiep-kiep-kieep en piep-piep? Kan jy hulle sê soos ’n volwasse hoender en dan soos ’n kuiken? Lees die storie hardop en sê hierdie woorde op maniere wat pas by die gebeure in die storie. Of vra iemand om die storie vir jou voor te lees en praat dan saam wanneer hulle hierdie klankwoorde sê.