Jeb se sjokolade
Home | Written stories | Multilingual stories | Jeb se sjokolade

Written stories

Jeb se sjokolade

Author

Storie deur Lesley Beake

Illustrator

llustrasies deur Tamsin Hinrichsen

Jeb is nuut. Hy het nie maats nie. Hy is eensaam.

Hy loop hartseer en skop teen ’n klip. Hy het sjokolade in sy sak, maar dit help nie.

Hy voel nog steeds hartseer. Hy het sjokolade, maar hy het nie maats nie.

 

Jeb loop byna in ’n klein dogtertjie vas. Sy huil.

“Um … kan ek jou help?”

“Nee.”

Jeb dink ’n oomblik na. “Wil jy sjokolade hê?”

Die dogtertjie glimlag. “Dankie.”

Jeb en die dogtertjie stap verder. Hulle loop byna in ’n bakleiery vas! Twee seuns is besig om te baklei.

Jeb dink ’n oomblik na. “Wil julle sjokolade hê?”

Die seuns hou op baklei. “Ja!”

Jeb en die dogtertjie en die twee seuns stap verder.

 Hulle loop byna in ’n vrou met ’n hond vas.

Die hond skrik so groot toe hy vir Jeb en die dogtertjie en die twee seuns sien, dat hy weghardloop.

Dit vat lank om hom weer te vang. Die vrou kry baie warm en is kwaad.

“Wil jy sjokolade hê?” Die vrou glimlag. “Ja! Dankie!”

Jeb gee vir haar die laaste van sy sjokolade. Nou het hy geen sjokolade vir homself oor nie.

Maar hy het maats!

Idees om oor te gesels

Toe Jeb sy sjokolade met ander gedeel het, het hulle sy vriende geword. Hoe anders kon hy nuwe vriende gemaak het? Wat beteken vriendskap vir jou? Wat laat mense eensaam voel? Het jy al ooit eensaam gevoel?

Visueel

Teken ’n prentjie van jouself wat eensaam voel.

Lees

Gaan hier na die aktiwiteitsblad:  Skryf ’n nommer in elke blokkie om die prente in volgorde te plaas. Soek die teks in die storie wat by elke prent pas.

Skryf

Skryf ’n dankiesêbriefie aan iemand wat ’n verskil in jou lewe gemaak het deur gaaf te wees met jou.

Handwerk

Gebruik ’n papierbord of sny ’n kartonsirkel uit. Teken aan die een kant ’n “voel eensaam”-gesig en aan die ander kant ’n “voel gelukkig”-gesig.

Speel toneel

Gebruik die korrek genommerde prente om die storie oor te verte