Die verhaal van Renostervoël en Buffel | Nal'ibali
Home | Written stories | Multilingual stories | Die verhaal van Renostervoël en Buffel

Written stories

Die verhaal van Renostervoël en Buffel

Author

Kai Tuomi

Illustrator

Samantha van Riet

Translator

Anita van Zyl

Indie ou dae het Renostervoël ’n heldergeel snawel gehadHy hetin ’n klein hutjie in’n lappie lang gras gewoon

Hy het elke dag sy hut uitgevee voordat hy koers gekies het na die gras om sy gunstelingkos te gaan vangSaans het hy dan in sy nesbed geklim, met sy maag vol groen sprinkanevlieë en wriemelende wurms. 

As enigiemand dit naby die lang gras sou waag, het Renostervoël opgevlieg en op hulle geskreeHy het hulle gepik en verwilder totdat hulle weggegaan het. Hy het daarvan gehou om alleen te woon, en wou dit nie met enigeen deel nie. 

Op ’n dag, terwyl Renostervoël insekte soekhoor hy ’n diep gerammelsoos die geluid van donderweer in die heuwels, en iets keer die son weg.  

Wat op aarde?” skree Renostervoël en vlieg op uit die lang gras om beter te kan sien. n Groot, swart dier met sterk horings loop deur die lang gras. 

“Hallo,”  Buffel. “Ek het weke laas iets geëetHierdie lang gras is presies wat ek nodig het. Kan ek maar daarvan eet?” 

“Nee! Gaan weg!” skree Renostervoël. Welek sal doodgaan as ek nie iets eet nieDit het maande laas gereën en hierdie is

die enigste lappie lang gras hier rondKan ek asseblief daarvan eet?” “Het jy my nie gehoor nieGaan weg!”  Renostervoël, en vlieg om Buffel se kop. 

“Maar jy eet nie eens gras nie,”  Buffel. En hy probeer weer: “Ons kan die gras deel.” Ek deel nie! Dis myneMyneMyneSkoert nou!” skree Renostervoël. 

Buffel se voorkop trek op ’n plooi en sy  trek op skrefiesHy is so kwaad dat sy stert heen en weer swiep en ’n hard klapgeluid maak toe dit teen sy kruis klap.

Wel, as jy onbeskof gaan weesgaan ek dit in elk geval eetEk eet gras, dis wat ek doen, en ek is honger,

so hier GAAN ekjou ongepoetste voël,”  Buffel en mik na die naaste graspol. Jy sal dit nie waag nie!” gil Renostervoël. 

 

“Hoe gaan jy my keerKyk hoe groot is ek. En omdat jy so onbeskof is, gaan ek eet en eet en eet totdat ek genoeg gehad het.”

En met ’n harde KNARS! KNARS! begin Buffel eet. 

Dit maak Renostervoël so kwaad dat die punt van sy snawel helderrooi word. Renostervoël vlieg om Buffel se kop en skree en gil en gaan tekere,

maar Buffel hou net aan met eet. Gou is al die lang gras weg. Om dinge erger te maak, trap Buffel met sy groot hoef reg deur die dak van Renostervoël se hut. 

Renostervoël vlieg tot op Buffel se rug en begin sy vel pik. Dit gaan nie werk nie,”  Buffel. “My vel is baie dik

Selfs Leeu het my al met sy skerp tande probeer byt, en ek het weggekomJy’s te kleinRenostervoëlEn jy’t gekry wat jy verdien het. 

Ek was bereid om te deel.” 

 

Weldan’s dit hoe dit is,”  Renostervoël, en raak skielik stil. “Ek was net kwaad en onbeskof omdat dit my huis was. 

Nou het ek nie meer ’n huis of kos nie – al daardie heerlike groen sprinkanevlieë en wriemelende wurms wat in die lang gras gewoon het, is weg

Alles is weg.” Buffel kyk om na die huilende Renostervoël, en dan na die kaal stuk grond en die stukkende hut.

Ek’s baie jammer dat ek jou huis vernietig het,”  hy, “maar dalk kan ek jou vergoed daarvoorJy sienek het ’n probleem met insekte

Kyk maar net na my rug. Daar is altyd hopeloos te veel insekte wat oral aan my hang en oor my kruipJy kan hulle eet,

en dit sal regtig lekker wees as iemand my uiteindelik kan help om van hulle ontslae te raak.” 

 

Renostervoël kyk op en af langs Buffel se rug, en sien al die klein insekte wat aan Buffel se vel vasklou. Die voël se maag grom,

maar die idee om vir Buffel ’n guns te doen na alles wat gebeur het, maak Renostervoël net kwater en kwaterSy geel snawel word rooier en rooier. 

Eers eet jy al

my lieflike gras op!” skree Renostervoël. “Dan verwoes jy my huis. Jy het sowaar met jou groot hoef die dak stukkend getrap

Nou wil jy  ek moet jou ’n guns doen en al hierdie insekte opeet!” Hy loop op en af op Buffel se rug, en pik aan die insekte terwyl hy praat.

Jy is vermetelBuffelAsof ek jou sal help,”  hy met sy mond vol insekte. 

 

Buffel haal net sy skouers op en loop verder, met Renostervoël wat op sy rug ry en bly skree en insekte eet

En dit doen hulle tot vandag toe, maar Renostervoël het nooit vir Buffel vergewe nie, en sy geel snawel het vir altyd rooi gebly.