’n Spesiale dag | Nal'ibali
Home | Content | ’n Spesiale dag

Written stories

’n Spesiale dag

Thandi is baie opgewonde toe sy wakker word. Dit is haar verjaarsdag en sy is NIE meer sewe nie!

“Ek is agt jaar oud, ek is agt jaar oud, ek is agt jaar oud vandag,” sing sy vir haarself. Nou kan sy dinge doen wat sy nie op sewe kon doen nie. Haar ma het gesê dat sy saans tot agtuur kan wakker bly wanneer sy agt word!

Net toe kom Thandi se ma in die kamer in en gee haar ’n STYWE drukkie.

“Kyk, jy het ’n brief gekry,” sê sy en waai die koevert heen en weer in haar hand.

Nou voel Thandi regtig groot! Thandi maak die mooi blou koevert versigtig oop. In die koevert is ’n verjaarsdagkaartjie met ’n foto van ’n oulike hondjie daarop.

“Gelukkige verjaarsdag vir ’n pragtige agtjarige dogtertjie,” lees Thandi. Dit is ’n verjaarsdagwens van haar tannie Babazile in Swaziland.

“Ag, Thandi, ek kan nie glo my babatjie is vandag agt jaar oud nie! Dit voel asof jy net gister gebore is!” sê Thandi se ma.

“Mamma, Mamma, vertel asseblief vir my wat gebeur het toe ek gebore is,” smeek Thandi. “Ek hou SO BAIE van daardie storie!”

“Wel, dis ’n ware storie en dis ook een van my gunstelinge,” sê haar ma. “Okei, laat ek die storie van die begin af vertel. Dit was amper sesuur op ’n koue winteraand toe ek…”