’n Ongeluk | Nal'ibali
Home | Content | ’n Ongeluk

Written stories

’n Ongeluk

Een middag is Zulfah se gesin in die kombuis. Almal is besig om iets te doen. Zulfah help haar pa om die groente te sny om sop te maak. Haar ma was die skottelgoed by die wasbak. Zulfah se klein boetie, Ashraf, is dors. Hy wil iets hê om te drink, maar niemand hoor hoe vra hy, “Koeldank, seblief!” nie omdat hulle almal so besig is.

Ashraf het gewoonlik ’n bottel gehad, maar hy kon dit nêrens sien nie. Toe sien hy ’n glas melk op die tafel staan.

“Mma, mma, mma,” sê Ashraf terwyl hy sy arm na die glas uitsteek.

KAPLAKS! Die glas kantel om en val stukkend op die vloer. Die glas lê die hele vloer vol…