Waarom die maan kleiner en groter word | Nal'ibali
Home | Content | Waarom die maan kleiner en groter word

Written stories

Waarom die maan kleiner en groter word

Lank gelede het Moeder Maan elke nag die naghemel verlig.

Sy het ’n kombers gehad wat van die pragtigste goue draad geweef was.

Haar kombers het so helder geskyn dat daar genoeg lig was vir al die mense om hulle pad in die donker te vind.

Soms het Moeder Maan haar kombers styf om haar gedraai en op die aarde kom kuier.

Een nag, in die middel van die winter, naby die wal van ’n rivier, kom sy ’n ou vrou teë wat alleen woon…