Waarom apies bome woon | Nal'ibali
Home | Content | Waarom apies in bome woon

Written stories

Waarom apies in bome woon

Leeu was koning van die diere. Hy was trots op sy brul, en hy was trots op sy skerp tande en kloue,

maar hy was die trotsste van alles op sy pragtige goue pels en maanhare.

Op ’n dag, terwyl hy by ’n dam water drink, sien Leeu dat sy maanhare vol kaal kolle is.

“Wat’s dit?” brom hy by homself. Hy draai om en sien dat die goue hare op sy rug ook vol kaal kolle is.

Leeu is baie ongelukkig. Hy draf weg om dr. Skilpad te gaan sien en uit te vind wat hy kan doen om sy pels te red…