Lerato leer vlieg
Home | Content | Lerato leer vlieg

Written stories

Lerato leer vlieg

Eendag, lank, lank gelede, stap ’n meisie met die naam Lerato deur die veld toe sy ’n klein swart varkie vas aan die slaap onder ’n bos teëkom.

“Aha,” sê Lerato. “Vanaand gaan ons lekker eet.” Lerato gryp die klein varkie, maar tot haar verbasing skree die varkie:

“Laat my asseblief vry! Ek sal jou beloon – ek is ’n towervarkie.” Lerato staar na die varkie. “Wat sal jy my gee?” vra sy.

“Wel,” sê die varkie, “vir ’n week lank sal jy soos ’n voël in die lug kan vlieg …