Die reuse kool
Home | Content | Die reuse kool

Written stories

Die reuse kool

Eendag sit en kyk Zinthle se ouma hoe Zinthle tamaties in hul tuin pluk.

“Hierso, Ouma, proe bietjie hierdie tamatie,” sê Zinthle en gee vir haar ouma ’n ronde, rooi tamatie. “Ek het dit self gekweek!”

“Dankie, Zinthle, jy het regtig groen vingers,” sê Ouma.

Zinthle lag. “Ek dink nie so nie Ouma. Ek het net oom Lazola se resep gebruik om dit te kweek.”

“O ja,” sê Ouma. “Jou oom is baie trots op sy resep! Het ek al ooit vir jou die storie van oom Lazola se reuse kool vertel?”

“Nee,” antwoord Zinthle. “Kan Ouma dit nou vir my vertel?”

“Met graagte,” antwoord haar ouma. “Een Saterdagoggend het oom Lazola ’n pakkie koolsaad gekoop…”